Genre: Rock
Koos Kombuis is ‘n bekende Afrikaanse skrywer en musikant wat ‘n voorstander was van die Voëlvry anti-apartheidsbeweging in Suid-Afrika in die 1980s.

André le Roux is in 1954 in Kaapstad gebore, maar hy en sy familie moes gereeld trek soos wat sy pa se werk dit verys het. Hy het egter op die ou einde matrikuleer in Pretoria, en daarna sy gedwonge militêre diensplig afgelê. Twee jaar se swot by die Universiteit van Pretoria het gevolg, maar André skop op voor hy sy graad behaal. Sy pa het sy behoefte om eintlik in Stellenbosch te studeer geweier.
Vervreem van sy ouers en verlore, swerf aspirant-skrywer André vir die volgende paar jaar sonder rigting rond. Hy trek in ‘n woonstel in Hilbrow in en word stadig maar seker vasgevang in die strik van dwelm gebruik. Desperaat en in die moeilikheid, keer hy terug na sy ouerhuis en word gevolglik na die psigiatriese instansie, Weskoppies, gestuur. En dis ironies gedurende hierdie moeilike tyd in sy lewe dat hy sy eerste kortverhaal skryf en publiseer. Dokters besluit later dat André eintlik van gesonde verstand is, en hy geniet na sy ontslaan sukses as ‘n skrywer onder die naam André le Toit.
Koos Kombuis, die musikant, ontstaan ook gedurende hierdie vermoeiende jare – nadat hy inspirasie vind in James Phillips se album, Wie is Bernoldus Niemand, ‘n kitaar optel en begin liedjies skryf en sing. In 1987 bring Shifty – dieselfde platemaatskappy verantwoordelik vir hierdie laasgenoemde album – ook Kombuis se Ver van Die Ou Kalari uit.
Soos wat hy die musiekwêreld betree word hy vriende met voorgenoemde Phillips, Ralph Rabie (Johannes Kerkorrel) en Dagga-Dirk Uys, en ‘n konsert saam met ander alternatiewe Afrikaanse rockers wat later volg merk die begin van die invloedryke Voêlvry anti-apartheidsbeweging.
Na baie jare as ‘n musiekant, en baie grootliks ook as ‘n skrywer, bly politiek-bewuste Kombuis steeds relevant. Sy 13de album, Die Bekroonde Kunstenaars, was in 2011 vrygestel, en sy lys van gepubliseerde skryfwerk is lank en kleurvol.
Koos Kombuis se lewendige optredes is gereeld akoesties van aard, maar Die Warmblankes sluit somtyds by hom aan vir ‘n voller klank as volledige rock band.
CD Info
Ver van die Ou Kalahari (1987)
Niemandsland and Beyond (1990)
Elke Boemelaar se Droom (1994)
Madiba Bay (1997)
Blameer dit op Apartheid (1997)
Mona Lisa (1999)
Greatest Hits (2000)
Blou Kombuis (2000, live with Albert Frost)
Equilibrium (2002)
‘n Jaar in die Son
Bloedrivier (2008)
Koos Kombuis (2009)
Die Bekroonde Kunstenaars (2011)
Website
www.kooskombuis.co.za