top of page

Anton Goosen Biografie


Genre: Afrikaanse Folk Rock


Dis nie sonder goeie rede dat Anton Goosen as die ‘vader van Afrikaanse rock’ bekend staan nie. In 2002 het Geraas hom vereer vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek, en hy was in 2009 saam met Yvonne Chaka Chaka bekroon met ‘n SAMA Lifetyle Achievent toekenning. Sy treffer, Blommetjie Gedenk Aan My, word beskou as die eerste self-geskrewe Afrikaanse rock lied ooit


Anton Goosen het onderwys geswot in Heidelberg, maar sy sterk liefde vir rock was altyd ‘n prioriteit, soveel so dat hy, tussendeur sy studies, die trein na Oos-London gevat het om op te tree by ‘n plaaslike verskeidenheidskonsert. Na sy studies het hy begin werk as ‘n onderwyser by St. Stithians, en sy musiekblyspel, Jantjie, was deur die leerlinge opgevoer. Gedurende dié tyd het hy ywerig saans covers van Engelse liede in kroeë gespeel, maar dit was ironies hierdie vuurige passie vir rock wat hom sy werk laat verloor het.


As deeltydse resensent by die nuutgestigte Beeld, het Goosen ‘n onderhoud met ‘n jong en belowende Sonja Herholdt gevoer; ‘n gebeurnis wat sy pad na sukses gebaan het. ‘n Kuier by Goosen se huis, waartydens Herholdt besluit het dat sy Jantjie wou sing, was die begin van ‘n legendariese Afrikaanse samewerking. Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat en Trein na Matjiesfontein is net ‘n paar van die treffers wat die twee-span gehad het. Goosen het gevolglik ook liede geskryf vir menigte bekende Afrikaanse kunstenaars.


In 1979 word sy eerste album, Boy van die Suburbs, vrygestel. In dieselfde jaar maak hy en mede-Afrikaanse kunstenaars, onder andere Laurika Rauch, Koos du Plessis en Clarabelle van Niekerk, geskiedenis met die stigting van die Musiek & Liriek beweging. Oor die jare doen hy die regie vir belangrike rock albums soos Wildebeest se Bushrock 1, Elke Boemelaar se Droom van Koos Kombuis, asook die krities bekroonde Breyten Breytenbach huldeblyk album, Om Te Breyten.


Afgesien van die onbetwisbare invloed wat hy op die bevordering en blootstelling van Afrikaanse rock gehad het, is Anton Goosen ook bekend vir sy onvermoeide ondersteuning van ‘n nuwe generasie Afrikaanse rockers.



CD Info

Anton Sing (1972)

Boy Van Die Suburbs (1979)

Liedjieboer (1980)

2de Laan 58 (1980)

Jors Troelie - Liedjieboer (1981)

Lappiesland (1985)

Liedtjieboer In Die Stad/City (1986)

Winde Van Verandering (1988)

Danzer (1992)

Riviersonderend - 21 Greatest Hits (1994)

Bushrock (Of A White Kaffir In Africa) (1996)

Putonnerwater (1999)

'n Vis Innie Bos (2001)

Anton en Vrinne Live in die Staatsteater (2003)

Die Groen Blomme-projek (2005)

© 2017 by Tanya Sadler. Proudly created with Wix.com

bottom of page